© Albert Maritz 2012
Ontwerp en Uitleg: AhJayEm
As jong seun word hy bekendgestel aan musiek, teater. radio, rofstoei, atletiek, fietsry en sy pa se donkerkamer, waar sy pa films ontwikkel het. Die magieser wat dit alles bedryf het. Dawie Maritz is vir die jong Albert ‘n voorbeeld van ‘n ondersoekende brein, wat in talle probleemsituasies geleenthede sien, en oplossings en vernuwing skep waar hy ookal gaan.
Albert streef sedert altyd daarna om films vir die wye doek te maak. Hy woeker met idees om rolprente op die internet te versprei, om die Afrikaanse rolprent na sy vroeë jare van glorie terug te neem, maar die geleentheid ontwyk hom ongelukkig desnieteenstaande sy nimmereindigende pogings om dit te vermag. Vandag stem dit hom gelukkig om te sien hoe die jonger garde bresse maak vir dit waaroor hy al solank droom.
Dit is dus geen verassing as Albert en twee kollegas twee rolprente die lig laat sien binne drie maande nie. Beide rolprente is gemik op die plaasmark, waar Albert in sy samewerking met Procare die reuse taak kon verrig het t.o.v die bemagtiging van boere en verwante gemeenskappe teen MIV Vigs en TB. Die rolprent “Lenteblom” is alreeds na 25 000 plase versprei.
Albert speel in rolprente soos 'Invictus' met Matt Damon en Morgan Freeman -