Biografie.
Verhoog.
TV.
Skryfsels.
Film.
Borgskap.
Nuus.
Film Regie.
Galery.

Ontwerp en Uitleg: AhJayEm

© Albert Maritz 2012

Geneties Disillusie

Deur die jare het ek jou karamel
Jou bitterals
Jou erfgoed
Jou byster
Gesmaak
Deur liefde

Deur die jare het ek jou nasmaak
Jou tradisie
Jou rebellie
Jou willie
Leer lief
Deur vashou

Deur die jare het ek jou kwetse
Jou loop
Jou vloek
Jou nee
Ontstruikel
Deur leer

Deur die jare het ek jou voorgee
Jou ontgee
Jou weggee
Jou inneem
Vertroetel
Deur ek lus was

Die lus is nou nugter
Die ont nou ligter
Die wese
Soos die hart
Net ‘n pomp
                              Albert Maritz
Klik op foto en kyk video
BINNEKORT OP DIE PLANKE - VRYSTAATFEES 2017
Nuus